300 g roomkaas, kamertemperatuur
6 eiers
60 ml suur room
sout en peper na smaak
600 g spinasie, gaargemaak en gedreineer
100 g cheddar, gerasper
150 g mozzarella, gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/spuit ‘n reghoekige oondvaste glasbak. Klits die roomkaas, eiers en suur room saam tot glad en romerig. Geur na smaak met sout en peper. Vou die spinasie hierby in, asook die cheddar. Skep die mengsel uit in die oondbak en bak in die oond vir 30 minute. Verwyder uit die oond, sprinkel die mozzarella bo-oor en bak vir ‘n verdere 10 minute of tot die kaas gesmelt is en die gereg deurwarm is. Bedien warm.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.7g
💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroe:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79