Ek sny gewoonlik my hoenderborsies in repies as ek hierdie gereg maak, maar jy kan ook die borsies heel hou of ander hoenderporsies vir die gereg gebruik.
45 ml olie
100 g ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
4 ontbeende hoenderborsies, in repies gesny
125 g sampioene, in skyfies gesny
2 repe spek, gekap
100 ml droë wit wyn
100 ml room
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die uie tot gaar en sag. Voeg die knoffel by. Voeg die hoender, sampioene en spek by en braai tot die spek en hoender gaar is. Gooi die wyn by en kook vir ongeveer 15 minute – hou dop vir vasbrand. Verwyder van die hitte en roer die room by. Geur na smaak met sout en peper, asook gemengde kruie. Bedien warm.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.6g