Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

ROOM VAN SAMPIOEN SOP

By ©️ Leanda C. Retief
ROOM VAN SAMPIOEN SOP picture

Ek gebruik altyd die 400g pakke "mixed mushrooms" vir hierdie sop, maar jy kan enige sampioene gebruik hiervoor. Ek vind die gemengde een is net geuriger.

400 g sampioene
30 g selderystokkies, in stukkies gesny
60 g uie, gekap
500 ml hoender aftreksel
250 ml room
sout en peper na smaak
15 ml droë pietersielie
5 ml tiemie

Kap die sampioene fyner en plaas dit in 'n kastrol. Gooi die seldery en ui by. Gooi nou genoeg hoenderaftreksel bo-oor om dit so halfpad te bedek - jy wil nie te veel water in die sop hê nie. Kook dit tot die sampioene en uie sag is. Puree die sampioene met 'n handmenger - gooi nog aftreksel by indien die sop te dik na jou smaak is. Roer nou die room by en geur na smaak.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.4g

Léanda se LowCarb Wenk:
Alle geblikte soppe is nie toelaatbaar op 'n LowCarb Dieet nie en as jy dus 'n gereg wil maak wat sampioen roomsop gebruik (soos Broccoli Hoender) kan jy hierdie resep gebruik in plaas van die geblikte sampioensop.
Hierdie sop vries ook goed - vries dit net voordat die room bygevoeg word. (Voeg die room by wanneer jy dit gaan opdien.)

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp