Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SALM TERTJIES

By ©️ Leanda C. Retief
SALM TERTJIES picture

15 ml olie
50 g uie, fyn gekap
120 g gerookte salm, gevlok
sout en peper na smaak
10 ml vars pietersielie, fyn gekap
8 eiers
60 ml room
90 g roomkaas, saggemaak

Voorverhit die oond tot 160°C. Smeer/spuit 8 silikon muffinkoppies deeglik en plaas op ‘n bakplaat. Verhit die olie en braai die uie daarin tot sag en goudbruin. Roer die salm daarby in, geur na smaak en laat eenkant om af te koel. Klits die eiers en room saam. Meng dit by die afgekoelde salm-mengsel in en vou die roomkaas by. Verdeel die mengsel tussen die muffinkoppies en bak vir ongeveer 25 minute tot gestol en gaar. Laat vir 10 minute in die muffinkoppies afkoel en keer dan uit op ‘n draadrakkie om af te koel.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp