Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SAMPIOEN-en-UIE OMELET

By Leanda Retief
SAMPIOEN-en-UIE OMELET picture

5 ml olie
25 g uie, fyn gekap
50 g sampioene, in repies gesny
2 eiers
sout en peper na smaak
30 g cheddar, gerasper

Verhit die olie in 'n omelet pan en braai die uie en sampioene daarin tot sag. Skep dit uit en laat eenkant. Gooi die eiers in 'n "shaker" en voeg 10 ml water by. Geur na smaak met sout en peper. Gooi die eiermengsel uit in die omeletpan en braai vir 3 minute tot die omelet gestol is onder, maar nog effens loperig bo. Skep die sampioene op die een helfte van die omelet, en sprinkel die kaas bo-oor. Bedek en braai tot die kaas gesmelt en die eiers gestol is. Vou die omelet toe en bedien dadelik.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 4.2g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp