Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SAMPIOEN ROERBRAAI

By ©️ Leanda C. Retief
SAMPIOEN ROERBRAAI picture

250 g sampioene
30 ml olie
3 knoffelhuisies, fyngemaak
150 g soetrissies, in repies gesny (enige kleur)
100 g ui, in ringe gesny
5 ml suurlemoensap
sout en varsgemaalde swart peper na smaak

Vee die sampioene skoon en sny in repies. Gooi die olie in 'n groot braaipan of wok en verhit. Voeg die knoffel en uie by en soteer tot sag. Voeg nou die sampioene by en roerbraai vinnig tot sag. Voeg die suurlemoensap by en geur na smaak met sout en peper. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.2g

Leanda se Lowcarb Wenk:
Voeg 125ml room by, bring tot kookpunt en prut oor lae hitte vir 10 minute. 
Skep dit oor gebraaide steak - dis heerlik!

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp