Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SHAKSHOUKA (Eiers in Tamatiesous)

By ©️ Leanda C. Retief
SHAKSHOUKA (Eiers in Tamatiesous) picture

Shakshouka kom tradisioneel van Noord-Afrika af – dit is letterlik “eiers in tamatiesous”.  Die tamatiesous resep hieronder hoef nie net vir Shakshouka gebruik te word nie – jy kan dit vermeerder en die ekstra sous in die yskas hou om op ‘n wye verskeidenheid geregte te gebruik.

 

Tamatiesous:

60 ml olie

100 g uie, fyngekap

100 g groen soetrissie,gekap

100 g rooi soetrissie, gekap (opsioneel)

3 knoffelhuisies, fyngemaak

2,5 ml komyn

500 g tamaties, gekap

25 ml tamatie pasta

125 ml water

sout en peper na smaak

15 ml droë pietersielie

 

Verhit die olie in ‘n groot braaipan oor medium hitte. Voeg die uie, soetrissie en rissie by en braai tot dit sag en goudbruin is. Voeg die knoffel en komyn by en braai vir 2 minute. Voeg nou die tamaties, tamatie pasta en water by. Verminder die hitte na laag en bedek die pan. Kook stadig vir 20 minute en roer af-en-toe. Geur na smaak met sout en peper en gooi die pietersielie by. Roer goed deur. 

 

8 eiers

60 g feta, gekrummel

 

Breek die eiers binne in die pan oor die sous. Bedek en kook tot die eiers gaar is. Geur na smaak met sout en peper. Sprinkel die feta net voor opdiening oor.

8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp