300 g amandel meel
175 g xylitol, of versoeter na smaak
75 g kakao poeier, onversoet
12,5 ml bakpoeier
5 ml gelatien, ongegeur
80 g suikervrye sjokolade, fyn gekap
3 eiers
60 ml olie
75 ml volroom melk
5 ml vanilla geursel
15 ml appel asyn
Voorverhit dit oond tot 180°C. Voer ‘n klein broodpannetjie met bakapapier uit. Meng die amandel meel, versoeter, kakao, bakpoeier en gelatien saam in ‘n mengbak. Vou die sjokolade hierby in. Klits die eiers, olie, melk, vanilla en asyn saam in ‘n mengbak. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klits dit vinnig deur. Gooi die deeg in die broodpan en maak gelyk. Bak vir 30 minute, bedek dan met tinfoelie en bak vir ‘n verdere
25 minute. Verwyder uit die oond, verwyder die foelie en plaas die brood op ‘n draadrakkie om af te koel. Keer versigtig uit en laat heeltemal afkoel. Versier met sjokolade ganache, indien verkies.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 6.1g
Vind die resep vir SJOKOLADE GANACHE hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/posts/sjokolade-ganache/