Soms weet mens nie wat om met oorskiet groente te doen nie - en dan is die lekkerste opsie, recycle dit vir poeding!
3 eiers
90 g gaar, fyn pampoen
180 ml olie
45 g klapper meel
50 g kakao, onversoet
7,5 ml kits koffie poeier
55 g lynsaad meel
30 ml xylitol/erythritol, of na smaak
15 ml vanilla geursel
5 ml sout
5 ml bakpoeier
Voorverhit oond tot 180°C. Spuit 'n vierkantige glasbak goed met kleefwerende middel. Klits die eiers, pampoen en olie goed saam. Voeg die res van die bestanddele by en klits tot goed gemeng. Gooi die beslag uit in die voorbereide bak en maak die bokant gelyk. Bak vir 18-20 minute of tot gaar. (Die brownies lyk nie soos gewone brownies as dit uit die oond kom nie, maar die tekstuur verbeter soos dit afkoel.) Versier die brownies met die volgende versiersel:
LowCarb Sjokolade Versiersel
90 g room kaas
60 g botter
20 g kakao, onversoet
125 ml room
30 ml xylitol/erythritol, of na smaak
Klits die roomkaas en botter saam tot lig en romerig. Voeg die res van die bestanddele by en klits goed. Smeer die versiersel op die afgekoelde brownies. Stoor die brownies in 'n lugdigte houer (in die yskas kan dit tot 'n week lank hou.)
16 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.4g