Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SJOKOLADE BROWNIES (MET PAMPOEN)

By Leanda Retief
SJOKOLADE BROWNIES (MET PAMPOEN) picture

Het jy oorskiet pampoen in die huis? Niks nodig vir opgewarmde pampoen nie - gebruik dit en maak hierdie heerlike, klam brownies!

3 eiers
90 g gaar, fyn pampoen
180 ml sonneblom olie
45 g klapper meel
50 g kakao, onversoet
7,5 ml kits koffie poeier
55 g lynsaad meel
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak 
15 ml vanilla geursel
5 ml sout
5 ml bakpoeier

Voorverhit oond tot 180°C. Spuit 'n vierkantige glasbak goed met kleefwerende middel. Klits die eiers, pampoen en olie goed saam. Voeg die res van die bestanddele by en klits tot goed gemeng. Gooi die beslag uit in die voorbereide bak en maak die bokant gelyk. Bak vir 18-20 minute of tot gaar. (Die brownies lyk dalk nie heeltemal gaar wanneer dit uit die oond kom nie, maar die tekstuur verbeter soos dit afkoel.)

Versier die brownies met die volgende versiersel:
LowCarb Sjokolade Versiersel
90 g room kaas
60 g botter
20 g kakao, onversoet
30 ml room
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
Klits die roomkaas en botter saam tot lig en romerig. Voeg die res van die bestanddele by en klits goed. Smeer die versiersel op die afgekoelde brownies. 
Stoor die brownies in 'n lugdigte houer (in die yskas kan dit tot 'n week lank hou.)
16 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.4g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp