Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SJOKOLADE KAASKOEK VETBOMME

By Leanda Retief
SJOKOLADE KAASKOEK VETBOMME picture

Basis:
150 g room kaas, kamer temperatuur
50 g botter, gesmelt
15 ml xylitol
5 ml vanilla geursel
60 g klapper olie, saggemaak

Bolaag:
125 g klapper olie, saggemaak
5-15 ml kakao poeier
10 ml xylitol, of na smaak

Berei die Basis: Plaas die room kaas in 'n mengbak, los die xylitol in die gesmelte botter op en voeg by. Klits goed met 'n elektriese klitser. Voeg die vanilla en klapper olie by en klits weer tot goed gemeng en glad. Verdeel die mengsel tussen 12 klein silikon muffinkoppies. (Jy kan dit ook in silikon sjokolade vorms maak - dan sal jy so 24 bomme uitkry, afhangende van die grootte van die vormpies.) Pak die muffin koppies op 'n bakplaat en plaas in die vrieskas.

Berei die Bolaag: Smelt 'n klein bietjie van die klapper olie en los die kakao en xylitol daarin op - dit verseker 'n gladde mengsel sonder klonte. Voeg die res van die klapper olie by en klits goed met 'n elektriese klitser tot glad en romerig. Skep hierdie mengsel bo-op die basis-bomme en plaas terug in die vrieskas vir ten minste vier ure voor opdiening.
Stoor voorbereide vetbomme in die vrieskas in 'n lugdigte houer of ziploc-sakkie.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0g

Uit: LowCarb Soet en Sout Vetbomme - Leanda C Retief
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/lowcarb-soet-en-sout-vetbomme/

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp