Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SJOKOLADE-KLAPPER STAFIES (Bounty Bars)

By Leanda Retief
SJOKOLADE-KLAPPER STAFIES (Bounty Bars) picture

Meeste mense wat ek al teëgekom het, het 'n soettand. En vir LowCarbers is dit erger, want ons kan nie net aan enige soetdingetjie smul soos ons lus voel nie. Dit is om hierdie rede wat ek die Soetgoed-Reeks Resepteboeke geskryf het - om Lowcarb alternatiewe vir al daardie HighCarb soetgoedjies te verskaf. Lekkergoed was die tweede in die reeks. Hierdie Resep is 'n voorbeeld uit Lekkergoed.

60 g klapper
80 ml (klapper) room
xylitol/erythritol na smaak
2,5 ml vanilla geursel
100 g suikervrye sjokolade

Meng die klapper met die klapper room, versoet na smaak en roer die vanilla geursel by. Meng goed tot ‘n stywe mengsel. Plaas dit op ‘n stuk bakpapier en vorm in ‘n 10x15cm reghoek, ongeveer 2,5cm dik. Plaas die mengsel in die vrieskas en vries tot hard. Verwyder uit die vrieskas en sny met ‘n mes in 5 stafies. Smelt die sjokolade in die mikrogolf en doop die stafies in die sjokolade – jy kan ook die stafies op ‘n draadrakkie sit en die sjokolade daaroor skep. (Dit is makliker om met die stafies te werk as dit gevries is, aangesien dit nie uitmekaar val nie en die sjokolade ook vinniger daarop stol.) Plaas in die yskas tot hard en gestol. Bêre in ‘n lugdigte houer in die yskas.
5 Porsies * Per Porsie *  Net Carbs 2.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp