Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SJOKOLADE KOLWYNTJIES MET HASELNEUT VERSIERSEL

By Leanda Retief
SJOKOLADE KOLWYNTJIES MET HASELNEUT VERSIERSEL picture

25 g klapper meel
25 g onversoeter kakao
125 ml xylitol/erythritol
1 ml fyn kaneel
2,5 ml koeksoda
2,5 ml bakpoeier
knippie sout
30 ml klapper olie
2 eiers, geklits
2,5 ml vanilla geursel
175 g murgpampoentjies, fyn gerasper

Versiersel:
125 g botter, saggemaak
30 g roomkaas, teen kamertemperatuur
250 ml xylitol/erythritol
60 g haselneut botter
30 ml room
5 ml vanilla geursel

Meng die meel, kakao, versoeter, kaneel, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak. Klits die olie, eiers en vanilla hierby in. Plaas die murgpampoentjies in ‘n skoon afdroogdoek en draai om al die oortollige vog uit die pampoentjies te verwyder. Meng dit by die beslag in. Smeer/spuit 8 silikon muffinkoppies en plaas op ‘n bakplaat. (Jy kan dit met muffinpapiertjies uitvoer, indien verkies.) Bak teen 180°C vir 25-30 minute of tot gaar. Verwyder uit die oond en laat afkoel.

Berei intussen die Versiersel: Klits die botter en roomkaas saam tot glad. Plaas die versoeter in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n fyn poeier. Voeg die versoeter by en klits tot goed gemeng. Meng die haselneut botter, room en vanilla by. Versier di kolwyntjies met die versiersel wanneer dit afgekoel het. Sprinkel bietjie fyngekapte suikervrye sjokolade bo-oor vir versiering.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.4g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp