Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SJOKOLADE MUFFINS

By Leanda Retief
SJOKOLADE MUFFINS picture

110 g botter
110 g roomkaas
110 g amandel meel
110 g ongegeurde proteïen poeier (of vanilla of sjokolade)
5 eiers
250 ml water
30 ml xylitol, of versoeter na smaak
5 ml sout
7,5 ml bakpoeier
5 ml vanilla geursel
60 g suikervrye/diabetiese sjokolade

Room die botter en roomkaas saam en klits dan die eiers, vanilla en water by. Meng al die droë bestanddele saam. Meng die droë bestanddele by die bottermengsel in en klits tot glad en romerig. Kap die sjokolade fyner (of rasper dit grof) en vou dit by die beslag in. (As die beslag te taai lyk, kan jy nog bietjie water byvoeg – dit moet dieselfde tekstuur as koekbeslag wees.) Smeer/spuit 12 silikon muffinkoppies deeglik en plaas op ‘n bakplaat. Verdeel die beslag tussen die muffinkoppies. Bak vir 180°C of tot gaar.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.8g

Uit: Die LowCarb Muffinboekᵀᴹ - Leanda C Retief
 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp