Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SJOKOLADE MUFFINS (sonder Proteienpoeier)

By ©️ Leanda C. Retief
SJOKOLADE MUFFINS (sonder Proteienpoeier) picture

120 g amandel meel
50 g kakao
125 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
7,5 ml bakpoeier
5 ml vanilla geursel
3 eiers
160 ml room
90 g botter, gesmelt
75 g suikervrye/90% kakao sjokolade

Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 'n muffinpan met papierkoppies uit, of smeer/spuit 12 silikon muffinkoppies en pak op 'n bakplaat. Plaas die amandel meel, kakao, versoeter en bakpoeier in 'n mengbak en roer dit goed deur. Klits die vanilla, eiers, room en botter saam. Roer die by die meelmengsel in. Kap die sjokolade in klein stukkies en vou dit by die beslag in. Verdeel die beslag tussen die 12 muffinkoppies en bak vir 20 minute, of tot gaar. Laat effens in die pan afkoel, keer uit en laat op 'n draadrakkie afkoel.
12 Porsies * Per Porsie *815kJ * Net Carbs 3.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp