Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SJOKOLADE ONTBYTPAP

By ©️ Leanda C. Retief
SJOKOLADE ONTBYTPAP picture

Ek gaan doodeerlik wees: Dit het my 'n tydjie geneem om aan chia-saad gewoond te raak. But I stuck it out - dit is after all 'n superkos, is propvoel goeie vitamienes en minerale, hoog in vesel en baie vullend. Baie resepte probeer - waarvan hierdie een 'n groot gunsteling is. 

30 g chia saad
60 ml room
125 ml kookwater
30-45 ml kakao, onversoet
2,5 ml pepperment geursel (opsioneel)
15 ml xylitol, of versoeter na smaak
15 g donker suikervrye sjokolade, gekap
styfgekopte room/bessies vir opdiening, opsioneel

Meng die chia, room, kookwater, kakao, geursel en versoeter saam. (Dit is ‘n growwe mengsel – indien jy van ‘n fyner tekstuur hou, kan jy dit met ‘n handmenger fynmaak.) Laat dit staan vir ten minste 10-15 minute – of selfs oornag in die yskas. Vou die sjokolade by die pap in voor opdiening. Bedien met styfgeklitste room en/of bietjie gerasperde sjokolade (of bessies) indien verkies.
1 Porsie * Per Porsie * Total Carbs 8.9g 

1️⃣ LowCarb vir EEN is dié omvattendste gids (met wenke en 100e resepte) vir enkellopendes wat wil LowCarb, of diegene wat die enigste LowCarber in die huis is. Met vinnige, maklike en bekostigbare resepte in al die belangrikste kategorieë - hoef jy nooit weer te wonder wat om te eet nie, selfs al eet jy alleen! 
Vir meer inigting oor hierdie baie unieke Resepteboek:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/lowcarb-vir-een/

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp