Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SJOKOLADE POEDING (Enkel/Dubbel Porsie)

By Leanda Retief
SJOKOLADE POEDING (Enkel/Dubbel Porsie) picture

Ek hou van KLEIN porsies poeding - vir die eenvoudige rede dat dit bekostigbaar is om te maak, en natuurlik nie die risiko het dat mens te veel daarvan eet nie! Hierdie is een van die beste sjokolade poedings wat ek nog probeer het. (Ek gee die mates in eetlepels om afmeet te vergemaklik - die voedingsanalise is op gramme uitgewerk.)

60 g suikervrye/90% donker sjokolade
15 ml amandel meel
30 g botter
2 eiers
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/spuit twee klein ramekin bakkies en plaas dit op 'n bakplaat. Smelt die sjokolade en botter saam in 'n glasbakkie in die mikrogolf. Roer die meel, eiers en versoeter hierby in en meng goed. Verdeel die deeg tussen die twee bakkies en bak vir ongeveer 10 minute - die bokant van die poeding moet nog "jellierig wees, as jy dit te lank bak, gaan dit nie die lekker sous aan die binnekant maak nie. Bedien met LowCarb Vanilla Roomys, LowCarb Vla of styfgeklitste room.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp