Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SJOKOLADE ROOMYS

By Leanda Retief
SJOKOLADE ROOMYS picture

60 g suikervrye sjokolade
60 ml kakao
2 eiers
125 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
500 ml room
125 ml water
5 ml vanilla geursel

Smelt die sjokolade in ‘n dubbele kastrol of in die mikrogolf (jy kan ook ‘n glasbak bo-op kookwater in ‘n kastrol sit, moet net nie dat die water aan die glasbak raak nie). Klits die kakao hierby en verhit. Roer aanhoudend tot die mengsel glad is. Roer nou die room en water by. Verwyder van hitte. Klits die eiers in ‘n aparte bak tot ligen skuimerig. Klits die versoeter hierby in. Gooi die vanilla geursel by. Meng die eiermengsel by die sjokolademengsel in en klits tot goed gemeng. Bedek en laat afkoel. Gooi die mengsel uit in ‘n plastiekbak en plaas in die yskas. Klits gereeld die roomys met ‘n handmenger deur terwyl dit vries om die yskristalle op te breek.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.0g

Uit: LowCarb Soetgoed Roomys, Yslollies & Sorbet - Leanda C Retief
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/roomys-yslollies-en-sorbets-lowcarb-soetgoed-reeks/

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp