Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SKAAPBOUD MET SPEK EN ROOSMARYN

By ©️ Leanda C. Retief
SKAAPBOUD MET SPEK EN ROOSMARYN picture

2 kg skaapboud (ongeveer)
100 g spekstukkies
vars roosmaryn

Voorverhit die oond tot 100°C. Neem so 'n eetlepel growwe sout en vryf die boud goed daarmee in. Sny klein gleufies in die boud en druk stukkies roosmaryn daarin. Druk van die roosmaryn redelik diep in - maak seker dat dit tot in die middel van die boud kom. Sny nog gleufies en druk stukkies spek daarin - druk sommer stukkies spek saam met die roosmaryn ook in. Sit die boud in 'n braaipan in die oond. Bak die boud vir 7 ure en draai dit dan om. Verhoog die oond se temperatuur na 140°C en bak dit vir 30 minute. Draai die boud weer om en verhit die oond na 180°C. Bak vir 30 minute. (Rooster die boud vir 'n paar minute indien jy dit donkerder wil hê, maar pasop vir brand.)
Per 200g Porsie * Net Carbs 0.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp