2 eiers
30 ml room
10 g uie, fyn gekap
50 g spek of ham, fyn gekap
30 g groen/rooi soetrissie, fyn gekap
2 ml rissiepoeier, of na smaak
5 ml xylitol, of versoeter na smaak
15 g botter
Klits die eiers en room saam en laat eenkant staan. Plaas die uie, spek en soetrissies in 'n glasbakkie en mikrogolf op hoog vir 3 minute. Meng die by die eiers in. Gooi die rissiepoeier en versoeter by, meng goed. Smelt die botter in 'n pan en gooi die eiers daarby in. Roer tot die eiers gaar is. Bedien warm.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 3.4g