24 hoendervlerkies, puntjies afgesny
5 ml fyn gemmer
3 knoffelhuisies, fyngemaak
30 ml xylitol, of versoeter na smaak
2,5 ml rooipeper
30 ml (sesame) olie
45 ml suikervrye tamatiesous
100 g uie, fyn gekap
45 ml asyn
60 ml soja sous
Plaas die vlerkies in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Bak teen 200°C vir 15 minute, draai gereeld om. Meng intussen al die ander bestanddele saam in ‘n klein kastrolletjie en kook dit stadig vir 10 minute. Verwyder die vlerkies uit die oond en gooi die sous bo-oor. Roer dit goed deur en plaas weer terug in die oond teen 160°C vir 10-15 minute. Bedien warm.
24 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.8g