Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPEK-en-FRAMBOOS SLAAI

By Leanda Retief

Interessante kombinasie van kleure en geure - hierdie slaai is iets besonders! Dien dit op af hoofgereg, of los die spek uit en bedien dit as 'n slaai saam met vleis/braaivleis.

300 g baba spinasieblare
50 g rooi uie, in ringe gesny
100 g vars frambose
100 g feta, gekrummel
100 g spekstukkies, gaargemaak
50 g okkerneute

Balsamiese Slaaisous:
100 ml balsamiese asyn
125 ml olyf olie
15 ml xylitol, of na smaak
15 ml gemengde kruie, of na smaak
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
Plaas alles in 'n glasfles met 'n deksel en skud goed. Bedien saam m et die slaai.

Berei die Slaai:
Was die spinasieblare en sny in repe. Plaas onder in 'n slaaibak of slaaibord. Rangskik die uie en frambose bo-op, sprinkel die feta, spek en okkerneute bo-oor. Bedien dadelik.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.9g

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp