Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPEK-en-KAAS HASHBROWNS

By ©️ Leanda C. Retief
SPEK-en-KAAS HASHBROWNS picture

Hashbrowns is basies 'n groentekoekie wat tradisioneel van aartappel gemaak en vir ontbyt geëet word, maar omdat aartappels nie Lowcarbtoelaatbaar is nie, vervang ons dit met blomkool - en deur spek by te sit, verander dit in 'n volledige ontbyt.

500 g blomkool, gerys
100 g spek, bros gebraai en fyn gekap
75 g uie, fyn gekap
75 g cheddar, gerasper
5 ml knoffel poeier
sout en peper na smaak
olie vir vlakbraai

Plaas die blomkool in 'n glasbak en bedek met kleefplastiek. Prik 'n gaatjie of twee in die plastiek en mikrogolf op hoog vir ongeveer 3 minute tot net sag. Dreineer goed. Voeg die spek, uie, kaas en knoffel poeier by en meng goed. Geur na smaak met sout en peper. Vorm 8 koekies met jou hande. Verhit olie in 'n braaipan en plaas die koekies in die olie. Druk effens plat met 'n eierspaan. Braai die koekies tot goudbruin aan elke kant. Dreineer op kombuispapier.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp