Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPEK-en-KAASBURGER SLAAI

By Leanda Retief
SPEK-en-KAASBURGER SLAAI picture

100 g blaarslaai, dun gekerf
50 g uie, fyn gekap
50 g tamatie, fyn gekap
200 g bees maalvleis, gaar en gegeur
100 g spek, bros gebraai en fyn gekap
30 g cheddar, gerasper
30 ml mayonnaise
versoeter, sout en peper na smaak

Meng die blaarslaai, uie en tamatie saam en verdeel dit tussen twee opdienborde. Skep die maalvleis en spek bo-oor. Sprinkel die kaas bo-oor. Verdun die mayonnaise met bietjie room, geur/versoet na smaak en gooi bo-oor. Sit 'n skyfie agurkie of twee bo-op en bedien dadelik.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.2g

❤️ Vir nog heerlike LowCarb Resepte, sluit by die LowCarb Kombuis Whatsapp-groepie aan:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp