Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPEK-en-TWEEKAAS QUICHE

By ©️ Leanda C. Retief
SPEK-en-TWEEKAAS QUICHE picture

Vinnig en eenvoudig vir 'n weeksaand, of selfs vir ontbyt oor 'n naweek. Hierdie is een van my gunsteling quiches - soms sprinkel en ook bietjie gekrummelde feta bo-oor. (Dis baie lekker met gebraaide rooi soetrissies ook!) En as jy 'n bietjie oorskiet, gaar maalvleis het - is hierdie quiche nog lekkerder!

250 g spek
4 eiers
250 ml room
125 ml water
5 ml droë tiemie
knippie wit peper
40 g mozzarella, gerasper
40 g cheddar, gerasper

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/spuit ‘n ronde tertbord deeglik. Maak die spek gaar tot amper bros. Dreineer en sny in stukkies. Klits die eiers, room, water, tiemie en peper saam. Gooi die eiermengsel in die tertbord. Sprinkel die spek en kaas bo-oor die eiermengsel. Bak vir ongeveer 30 minute tot die eiermengsel gestol is. Laat 10 minute afkoel voor die tert gesny word.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.4g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp