Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPEKGEDRAAIDE STOKVIS

By Leanda Retief
SPEKGEDRAAIDE STOKVIS picture

Moeg van opgestoomde stokvis? Probeer hierdie resep. Dis heerlik. Ek dink nie jy sal ooit weer "vervelige stokvis" op 'n ander manier as hierdie wil eet nie!

750 g stokvis medallions (6 stukke)
vis speserye na smaak
5 ml droë roosmaryn of tiemie
250 g streep spek

Voorverhit die oond tot 200ºC. Geur die stokvis met die speserye en roosmaryn (moenie te veel sout gebruik nie - die spek is klaar sout). Draai die vis met die spekrepe toe. Plaas 'n draadrakkie op 'n bakplaat en plaas die vis daarop. Bak in die oond vir 30 minute of tot die vis en spek gaar is. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp