Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPEKGEDRAAIDE VARK-FILET

By ©️ Leanda C. Retief
SPEKGEDRAAIDE VARK-FILET picture

Daar is net een ding lekkerder as ‘n lekker sappige varkfilet– en dit is ‘n lekker sappige varkfilet wat in spek toegedraai is. Varkfilet is ook bekend as “tenderloin”.

2 vark filette (500 g elk)
5 ml varsgemaalde swart peper
2,5 ml knoffelpoeier of knoffelsout
2,5 ml uie poeier of uie sout
2 ml gedroogde tiemie
12 repe streepspek

Voorverhit die oond tot 200°C. Voer ‘n rolkoekpan met tinfoelie uit en smeer/spuit deeglik. Droog die filette met kombuispapier af. Meng die speserye saam en vryf die filette goed met die mengsel in. Draai die spek skuins om die filette – draai dit deeglik toe sodat daar nie enige opening tussen die repe spek is nie. Plaas die filette op die pan en bak vir 30-45 minute of tot dit gaar is. Laat die filette vir 10 minute staan, sny in skywe en bedien.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp