200 g streep spek
6 vartjops/varknek, ontbeen (100g elk)
Voorverhit die oond tot 180°C en voer ‘n bakplaat met bakpapier uit. Plaas die tjops op ‘n broodplank en geur na smaak (onthou die spek is reeds sout). Draai elke tjop deeglik in die spek toe. Pak die tjops op die bakplaat. Bak vir 15 minute, draai om en bak vir ‘n verdere 15 minute, of tot gaar. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.4g