200 g baba spinasie blare
100 g avokado
100 g gouda
4 eiers, hardgekook en afgedop
25 g rooi uie, gekerf
Was die baba spinasie blare en maak dit deeglik droog. Verdeel die blare tussen vier kleinbordjies. Sny die avokado en kaas in blokkies en plaas op die spinasie. Sny die eiers in die helfte deur en pak dit op die slaai, sprinkel die uie bo-oor. Bedien met 'n LowCarb Slaaisous van jou keuse – gooi bo-oor net voor opdiening.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.0g
Vir LowCarb Slaaisouse en ander Geurmiddels:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/categories/posts/lowcarb-geurmiddels-souse/