Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPINASIE-en-EIER KOPPIES

By ©️ Leanda C. Retief
SPINASIE-en-EIER KOPPIES picture

15 ml olie
60 g spinasie
6 repe streep spek
6 eiers
sout en peper na smaak
60 g cheddar, gerasper
60 g feta, gekrummel

Voorverhit die oond tot 180°C. Verf die holtes van 'n muffin pannetjie met die olie. Sny die spinasie in dun repies en verdeel tussen die holtes van die miffin pan. Deel elke reep spek in die helfte deur en plaas dit op 'n kruis patroon bo-oor die spinasie. Druk effens plat sodat daar genoeg spasie is vir die eier. Breek 'n eier in elke holte, geur met sout en peper na smaak. Sprinkel die cheddar en feta bo-oor en bak vir 10-15 minute, afhangende van hoe sag jy van jou eiers hou.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp