Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPINASIE-en-FETA MUFFINS

By ©️ Leanda C. Retief
SPINASIE-en-FETA MUFFINS picture

300 g spinasie, gaar gestoom en fyn gekap
50 g uie, fyn gekap
50 g feta, gekrummel
3 eiers
250 ml room

Meng die spinasie en ui saam. Klits die room en eiers goed saam en roer dit by die spinasie in. Vou die feta liggies by die mengsel in en geur met sout en peper. Verdeel die mengsel tussen 6 gesmeerde/ gespuite silikon muffinkoppies en pak op ‘n bakplaat. Bak vir 35 minute teen 180ºC tot goudbruin en gaar. Laat die muffins effens afkoel voor jy dit uitkeer en laat dit heeltemal afkoel. Bêre in die yskas in ‘n lugdigte houer.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp