Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPINASIE-en-FETA OMELET

By Leanda Retief
SPINASIE-en-FETA OMELET picture

2 eiers
100 g spinasie, gewas en drooggemaak
10 g uie, fyn gerasper
knippie fyn neut
sout en peper na smaak
25 g cheddar, gerasper
40 g feta, gekrummel

Klits die eiers in ‘n mengbakkie. Sny die spinasie in baie dun repies en voeg by die eier. Voeg die uie by, asook die neut. Geur na smaak met sout en peper. Verhit die botter in ‘n klein braaipan, en gooi die mengsel daarin. Bedek en bak oor lae hitte vir ongeveer 5 minute of tot die omelet amper gaar is. Sprinkel die cheddar en feta oor die een helfte van die omelet, bedek weer en bak vir ‘n verdere 2 minute of tot die kaas gesmelt is. Vou die omelet in die helfte toe en bedien dadelik.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 4.4g

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp