Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPINASIE EN FETA ROEREIERS

By ©️ Leanda C. Retief
SPINASIE EN FETA ROEREIERS picture

30 g spinasie, in dun repe gesny
15 ml olie
2 eiers
15 g feta, gekrummel
sout en varsgemaalde swart peper na smaak

Plaas die spinasie in 'n pan en voeg 15ml water by. Verhit en stoom die spinasie tot gaar en die vloeistof verdamp het. Voeg die olie by, breek die eiers oor die spinasie en roer tot goed gemeng. Braai tot die eiers gaar is. Voeg die feta by en geur na smaak met sout en peper.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 1.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp