30 g botter
250 g vars baba spinasie, gewas en gekerf
250 g sampioene, gekerf
100 g uie, gekap
6 eiers
250 g roomkaas, saggemaak
250 g cheddar, gerasper
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/Spuit 'n reghoekige oondvaste bak. Smelt die botter in 'n braaipan en soteer die uie en sampioene daarin tot sag en die vloeistof verdamp het. Voeg die spinasie by en soteer tot die spinasienet begin verwelk. Laat effens afkoel en dreineer. Klits die eiers en roomkaas saam. Voeg die kaas en spinasie mengsel by. Geur na smaak. Gooi die mensel uit in die bak. Bak vir 40-50 minute tot goudbruin en gestol. Bedien warm.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.0g