3 eiers
100 g spinasie, gaar en fyn gekerf
100 g spek, gaar en fyngekap
50 g cheddar, gerasper
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
5 ml paprika
Klits die eiers in 'n mengbak en roer die spinasie, spek en cheddar by. Geur na smaak met sout en peper, voeg die paprika by. Smeer/spuit drie ramekinbakkies en verdeel die eiermengsel tussen die bakkies. Plaas die bakkies in die mandjie van die lugbraaier en braai teen 180°C vir ongeveer 10 minute, of tot die eiers gaar is. Bedien warm.
3 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.2g