Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPINASIE FETA & OLYF MUFFINS

By ©️ Leanda C. Retief
SPINASIE FETA & OLYF MUFFINS picture

100 g spinasie
4 eiers
60 g botter, gesmelt
60 ml water
knippie sout
40 g klapper meel
2 ml bakpoeier
25 g parmessaan, gerasper
25 g feta, gekrummel
45 g swart olywe, ontpit en fyn gekap
50 g kersie tamaties, fyn gekap
knippie droë basiliekruid

Voorverhit die oond tot 200°C. Spuit/smeer 8 silikon muffinkoppie en plaas op 'n bakplaat. Verhit bietjie olie in 'n braaipan en braai die spinasie daarin tot dit net verwelk. Sny die spinasie in klein stukkies. Klits die eiers, botter, water en sout saam in 'n mengbak. Voeg die klapper meel en bakpoeier by en meng goed. Vou die spinasie. parmessaan, feta, olywe en tamaties hierby in en sprinkel die basiliekruid oor. Meng goed. Verdeel die deeg tussen die muffinkoppies en bak in die oond vir 12-15 minute tot goudbruin en gaar.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.2g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp