Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPINASIE-GEVULDE SAMPIOENE

By Leanda Retief
SPINASIE-GEVULDE SAMPIOENE picture

250 g groot knopie sampioene, afgevee
300 g spinasie, gewas en drooggemaak
30 ml olie
100 g uie, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
100 g mozzarella, gerasper

Verwyder die stingeltjies van die sampioene en kap dit fyn. Kap die spinasie fyn. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die sampioen stingeltjies, spinasie, uie en knoffel saam tot gaar. Geur na smaak met sout en peper. Skep die mengsel uit in die sampioene se holtetjies. Sprinkel die kaas bo-oor. Pak die sampioene in ‘n gesmeerde/ gespuite oondvaste bak en bak teen 180°C vir ongeveer 15 minute of tot die kaas gesmelt en die sampioene gaar is. Bedien warm.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp