Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SPINASIE HOENDERBORSIES

By Leanda Retief
SPINASIE HOENDERBORSIES picture

125 g roomkaas, saggemaak
300 g spinasie, gaar gestoom en fyn gekap
50 g feta, gekrummel
2 knoffelhuisies, fyngemaak
4 hoenderborsies, beenloos en ontvel
8 repe streepspek

Meng die roomkaas, spinasie, feta en knoffel saam in 'n mengbak. Geur na smaak. Sny die borsies versigtig in die helfte deur, maar moenie deursny nie. Verdeel die spinasie-mengsel tussen die 4 borsies en maak die borsies toe. Draai twee repe spek om elke borsie en druk met 'n tandestokkie vas. Plaas in 'n gesmeerde oondvaste bak en bedek. Bak in 'n voorverhitte oond teen 190 grade vir 1 uur of tot die hoenderborsies gaar is.
4 porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.9g

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp