Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SUURLEMOEN KITS-POEDING

By Leanda Retief
SUURLEMOEN KITS-POEDING picture

1 eier
30 ml suurlemoen sap
30 ml room
10 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
5 ml suurlemoen geursel
15 g klapper meel
1 ml bakpoeier
knippie sout

Klits die eier, sap room, versoeter en geursel saam. Roer die meel, bakpoeier en sout hierby in. Skep uit in ‘n gesmeerde groot koppie of klein glasbakkie en mikro-golf op hoog vir 90 sekondes – of tot ‘n toetspen skoon uit die middle van die poeding kom. Bedien met styfgeklitste room en ‘n skyfie suurlemoen, indien verkies.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 5.2g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp