4 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml droë roosmaryn
100 ml suurlemoensap
5 ml varsgemaalde swartpeper
15 ml sout
25 ml olie
8 skaaptjops (100-120g elk)
Meng die knoffel, roosmaryn, sap, peper, sout en olie saam. Plaas die tjops in 'n glasbak en gooi die marinade bo-oor. Marineer die vleis in die yskas vir ten minste 1 uur. Braai oor matige kole tot die vleis gaar is - verf af-en-toe met die marinade indien verkies. Bedien warm.
Wenk: Dié tjops werk ook goed in die lugbraaier/airfryer. Braai teen 180°C vir ongeveer 20 minute, of tot die tjops gaar is - draai gereeld om en marineer tydens die gaarmaak.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.2g
Sluit by ons Gratis Whatsapp-Groepie aan:
https://chat.whatsapp.com/LQ7K6kFlB2zGL5QnKR5uUx