Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SWARTPAN FRIKKADELLE

By ©️ Leanda C. Retief
SWARTPAN FRIKKADELLE picture

500 g bees maalvleis
500 g vark maalvleis
150 g murgpampoentjies, fyn gerasper
50 g ui, fyn gerasper
1 eier
sout en peper na smaak
250 ml bees aftreksel
180 ml room

Plaas die maalvleis in 'n mengbak frummel dit los met 'n vurk. Voeg die murgpamoentjies en uie by, meng goed. Voeg die eier by en geur na smaak. (Ek gebruik sout en peper, braaivleisspeserye, bietjie bruin asyn en gedroogde pietersielie). Rol 12 frikkadelle uit die mengsel en pak dit in 'n groot braaipan. Gooi die aftreksel bo-oor, bedek en laat stadig prut tot die frikkadelle gaar is. Verwyder die frikkadelle uit die pan, gooi die room by die pansappe en prut oor lae hitte tot die sous verdik. Plaas die frikkadelle terug in die pan, bedek met die sous en bedien warm oor Kamma Kapokaartappels.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.3g

Leanda se LowCarb Wenk: 
* Die murgpampoentjies en uie help om die frikkadelle te bind. Jy kan dit met nog 'n eier vervang.
* Moet nooit frikkadelle te veel meng (of knie) nie - hoe minder jy dit meng, hoe ligter en krummelriger is die frikkadelle. Frikkadelle wat te veel gemeng is, is hard en solied.
* Vark maalvleis help om die frikkadelle lekker sappig te hou. Jy kan dit met bees maalvleis vervang (gebruik dus dan 1kg bees maalvleis) indien jy sukkel om dit in die hande te kry.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp