Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SWARTPAN HOENDER

By ©️ Leanda C. Retief
SWARTPAN HOENDER picture

4 hoender dytjies
30 ml klapper olie
2 knoffelhuisies, fyngemaak
125 g knopie sampioene, gekerf
100 g spinasie, gewas en gekerf
125 ml hoender aftreksel
125 ml room
sout en peper na smaak
5 ml Italiaanse kruie
30 g parmessaan, opsioneel

Geur die hoender na smaak. Smelt die klapper olie in 'n groot pan en braai die hoender daarin tot goudbruin aan albei kante. Verwyder uit die pan en braai die knoffel en sampioene in dieselfde pan tot gaar. Voeg die spinasie by en roerbraai tot net verwelk. Plaas die hoender terug in die pan en gooi die aftreksel bo-oor. Bedek en stoom tot die hoender gaar is. Draai die plaat af na laag en voeg die room by. Geur na smaak en laat liggies prut vir ongeveer 10 minute of tot die sous verdik. Sprinkel die parmessaan kaas bo-oor. Bedien warm op Kamma Rys.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.1g
(c) Leanda C Retief
Die LowCarb Kombuis

 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp