Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SWARTPAN LASAGNA

By ©️ Leanda C. Retief
SWARTPAN LASAGNA picture

Hierdie gaan 'n gunsteling in jou huis word! Ideaal het jy 'n gietyster pan nodig (wat in die oond kan gaan), maar dit werk ook goed in 'n ronde glasbak in die oond.

250 g murgpampoentjies
10 ml klapper olie
300 g bees maalvleis
100 g tamatie-uiesmoor
2 knoffelhuisies, fyngemaak
2,5 ml sout
2 ml peper
170 g roomkaas, kamertemperatuur
25 g parmessaan, gerasper
1 eier
30 g mozzarella, gerasper

Berei eerste die murgpampoentjies: Was, sny die puntjies af en sny dan in die lengte in dun repies met 'n aartappelskiller. Laat eenkant. Verhit die klapper olie in 'n braaipan en braai die maalvleis daarin tot gaar. Voeg die tamatie-uiesmoor, knoffel, sout en peper by (voeg bietjie versoeter by indien die mengsel te suur is na jou smaak) Plaas die room kaas, parmessaan en eier in 'n mengbak en klits tot goed gemeng. Skep nou 'n laag van die maalvleis in 'n gesmeerde gietyster pan of oondbak. Pak twee lae murgpampoentjies bo-op die maalvleis (die helfte van die murgpampoentjies). Skep die helfte van die roomkaas bo-oor. Herhaal met 'n laag maalvleis, murgpampoentjies en die laaste van die roomkaas mengsel. Sprinkel die mozzarella bo-oor. Bedek met tinfoelie en bak vir 30 minute. Haal die tinfoelie af en bak vir 'n verdere 15-20 minute tot die mozzarella goudbruin is. 
Bedien warm.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp