Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

SWARTPAN ONTBYT

By ©️ Leanda C. Retief
SWARTPAN ONTBYT picture

Hierdie is my gunsteling ontbyt vir 'n LowCarb Dieet. Alles in een pan - en blitsvinnig om te maak.

30 g botter
100 g spek
50 g sampioene
1-2 beef/vark chippolata's (klein worsies)
2 eiers
20 g tamatie (1 dikkerige skyfie)

Smelt die botter in ‘n pan. Braai die spek, chippolata's en sampioene tot gaar. Breek die eiers in die pan en plaas die tamatie ook daarin. Bedek met ‘n deksel en braai tot die eiers gaar is. Geur na smaak en bedien warm.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 2.4g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp