500 g sampioene
45 g botter
15 ml braaivleis-speserye
30 ml room
5 ml droë pietersielie
2 ml varsgemaalde swart peper
90 g mozzarella, gerasper
Kerf die sampioene in dunnerige repies. Smelt die botter in 'n braaipan en braai die sampioene daarin tot sag. Braai tot al die vloeistof geabsorbeer is. Voeg die speserye, room, pietersielie en peper by. Laat liggies prut vir ongeveer 5 minute (sodat die vloeistof kan verdamp) en roer liggies sodat dit nie aanbrand nie. Sprinkel die mozzarella bo-oor en bedek. Braai vir ongeveer 5 minute tot die kaas gesmelt is. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.6g