Die tertkors vir hierdie quiche is opsioneel - soos by alle quiches, actually. Hierdie is 'n goeie quiche-korsresep om te hê. Jy kan die quiche ook in 'n groter glasbak maak, in plaas van in mini-quichepannetjies.
Quiche Kors:
75 g amandel meel
30 ml parmessaan, gerasper
1 eier
knippie sout
Quiche Vulsel:
4 eiers
300 ml room
8 kersie tamaties, gehalveer
70 g mozzarella, gerasper
50 g spinasie, gestoom en fyn gekerf
50 g feta, gekrummel
bietjie droë pietersielie
Berei die Kors:
Meng die amandel meel, parmesan, eier en sout saam tot ‘n stywe deeg. Smeer/spuit twee mini quiche-pannetjies. Verdeel die deeg in twee, en druk elke deel in een pannetjie vas. Sny ‘n paar keep in die deeg met ‘n skerp mes. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 7-9 minute. Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Berei die Quiche-Vulsel:
Klits die eier en room saam en geur na smaak met sout en peper. Skep die helfte van die tamatie, mozzarella en spinasie in elke quiche-kors. Verdeel die eier-roommengsel tussen die twee quiches en sprinkel die feta en bietjie pietersielie bo-oor. Bak vir 20-25 minute, of tot die eier gestol is.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 7.4g