Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

TREFFER KITSBROODJIE (aka ERIK SE BROODJIE)

By ©️ Leanda C. Retief
TREFFER KITSBROODJIE (aka ERIK SE BROODJIE) picture

Toe my oudste glutenvry gegaan het, was dit ‘n permanente kopseer oor wat hy kan eet in plaas van brood, en wat ek kan insit skool toe. Ek het hierdie broodjie gaan afstof – en het weereens besef waarom dit so ‘n treffer by LowCarbers is. Dit is vinnig  en ongelooflik maklik om te maak. Jy kan ook ander bestanddele by hierdie basiese resep voeg – gekapte olywe en feta, songedroogde tamaties en feta, bros spekstukkies, kaas, fyn biltongpoeier.

1 eier
15 ml (1 E) klapper olie
45 ml (3 E) amandel meel
2,5 ml bakpoeier
knippie sout

Meng al die bestanddele in ‘n mengbakkie en skep dit uit in ‘n gesmeerde ramekin bakkie, plastiekbakkie of groot koffiebeker.  Mikrogolf op hoog vir 90 sekondes. Keer uit, laat heeltemal afkoel en sny in snytjies. Rooster voor opdiening, indien verkies. (Alle LowCarb Kitsbroodjies smaak beter gerooster, net so terloops!)
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 2.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp