Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

TUISGEMAAKTE GROENTE AFTREKSEL

By ©️ Leanda C. Retief
TUISGEMAAKTE GROENTE AFTREKSEL picture

Die basis van enige goeie sop - is 'n goeie aftreksel. Aftreksel verwys na die vloeistof waarin 'n sop gekook word. Dit kan die vloeistof wees waarin die groente gekook word. Hierdie aftreksel is baie ryk as gevolg van al die voedingstowwe wat daarin agterbly. Dit is natuurlik baie maklik, goedkoop en gesond om jou eie groente aftreksel te kook - hierdie resep kom uit die baie gewilde LowCarb Sopdieet. Die groente wat jy vir die aftreksel gebruik kan of in die sop verwerk word, of jy kan die sop deur ‘n sif gooi om die vaste stukke te verwyder vir ‘n helder aftreksel. (Onthou dat daar wortel in die resep is, wat nie normaalweg op 'n LowCarb Dieet toegelaat word nie, dus is dit beter om die groente te verwyder - of die wortels ten minste) voordat jy die aftreksel gebruik.)

1 wortel, in stukke gesny
1 klein ui, gekap
1 klein tamatie, gekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
4 sampioene, dun gesny
handvol vars pietersielie
1 prei (slegs die wit gedeelte), opgekap
1 lourierblaar
4 heel peperkorrels
2 groot knippies sout
1 takkie roosmaryn

Voeg alles bymekaar in ‘n groot kastrol en voeg genoeg water by om die pot 3⁄4 vol te maak. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 30 minute. Gooi die vloeistof deur ‘n sif en gooi al die soliede stukke weg. (Indien verkies, kan jy aftreksel ook deur ‘n moeseliendoek filtreer om dit nog helderder te kry.) Bêre die aftreksel in ‘n lugdigte houer in die yskas, of bevries tot gebruik.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp