Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

TUISGEMAAKTE LOWCARB KERRIE MENGSELS

By Leanda Retief
TUISGEMAAKTE LOWCARB KERRIE MENGSELS picture

🥘 GARAM MASALA
Garam Masala word dikwels gebruik in die plek van kerrie - dit gee 'n baie meer geurige kerrie as wat mens met gewone kerriepoeier kry. Dit is bietjie meer moeite (as gevolg van die rooster van die speserye), maar absoluut die moeite werd.

30 ml koljander saad
15 ml komyn saad
5 ml peperkorrels
2,5 ml heel naeltjies
3 kaneel stokkies
5 ml kardamom saad
4-5 lourierblare
2 ster anys
5 ml fyn gemmer
2,5 ml fyn neutmuskaat
Plaas die koljander, komyn, peper, naeltjies, kaneel, kardamom, lourierblare en anys in 'n braaipan. Rooster die speserye oor medium hitte vir 3-4 minute - hou mooi dop dat dit nie brand nie. Gooi dit uit op 'n glasbord en laat eenkant om goed af te koel. Voeg die gemmer en neut by en maal dit fyn in 'n speserymeultjie. Bêre in 'n skoon glasflessie.

🥘 KERRIEMENGSEL
30 ml koljander saad
15 ml komyn saad
10 ml mosterd saadjies
5 ml swart peperkorrels
2,5 ml heel naeltjies
5 ml fyn borrie
15 ml sterk kerriepoeier
Plaas al die bestanddele in 'n speserymeultjie en verwerk tot 'n fyn poeier. Bêre in 'n skoon glasflessie.

🥘 VINNIGE KERRIEPOEIER
30 ml fyn koljander
30 ml fyn komyn
25 ml borrie
10 ml fyn gemmer
5 ml mosterd poeier
2,5 ml varsgemaalde swart peper
5 ml fyn kaneel
2,5 ml fyn kardamom
2,5 ml rooi peper
Plaas al die bestanddele in 'n skoon glasflessie en skud tot gemeng.

🥘 EENPOT-KERRIE MENGSEL
Hierdie mengsel is net genoeg om een pot kerrie te geur. Dit is exceptionally lekker vir hoenderkerrie.

15 ml fyn koljander
7,5 ml fyn komyn
5 ml borrie
2,5 ml varsgemaalde swart peper
2,5 ml rooi peper, of na smaak
2,5 ml fyn gemmer
Meng al die bestanddele saam. (Die mengsel is genoeg vir 500-750g vleis, afhangende van hoe sterk jy jou kerrie verkies.)

🥘 MATIGE KERRIEMENGSEL
60 ml fyn komyn
60 ml fyn koljander
20 ml borrie
5 ml rooi rissievlokkies, of na smaak
5 ml mosterd saad
5 ml fyn gemmer
Maal al die bestanddele in 'n speserymeultjie tot 'n fyn poeier. Bêre in 'n skoon glasflessie.

🥘 INDIESE KERRIEMENGSEL
60 ml fyn koljander
30 ml fyn komyn
30 ml borrie
15 ml rooi peper
30 ml paprika
5 ml fyn gemmer
5 ml mosterd poeier
5 ml fyn kardamom
5 ml fyn wit peper
Plaas al die bestanddele in 'n skoon glasflessie en skud tot gemeng.

🥘 DURBAN KERRIEMENGSEL
30 ml rissie poeier
5 ml rooi peper
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
2,5 ml fyn kardamom
2,5 ml fyn kaneel
2,5 ml fyn fenugreek
2,5 ml fyn gemmer
knippie fyn naletjies
Plaas al die bestanddele in 'n skoon glasflessie en skud tot gemeng

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp