250 g tamatie pasta
125 ml water
60 ml wit asyn
2 ml fyn uie poeier
5 ml sout
1 ml gemengde speserye ("allspice")
1 ml fyn naeltjies
1 ml kaneel
1 ml fyn knoffelpoeier
30 ml xylitol, of versoeter na smaak
Meng al die bestanddele saam in 'n kastrolletjie. Verhit en laat vir ongeveer 15 minute saggies prut - pasop vir aanbrand en dit spat terwyl dit kook. Laat afkoel. Bewaar die tamatiesous in 'n skoon fles in die yskas.
Lewer 450g Tamatiesous * Per 50g Porsie * Net Carbs 4.2g